Skip to content

Geroosterde broccoli-en-spek-slaai

RESEPTE

Geroosterde broccoli-en-spek-slaai

Geroosterde broccoli-en-spek-slaai

By: Frik de Jager
Geroosterde broccoli-en-spek-slaai

Bestanddele

350 g broccoliblommetjies
200 g spek, in blokkies gesny
200 g gekrummelde fetakaas
3 rooi uie, dun gekerf
4 snye brood, in blokkies gesny
zest en sap van 2 suurlemoene
2 of 3 knoffeltoontjies, fyngekerf
olie vir braai
sout en swartpeper na smaak.

Metode

Plaas die broccoli, spek, uie en knoffel in ’n oondpan, en sprinkel olyfolie daaroor.
Braai vir ongeveer 20 minute teen 200 grade C.
Roer deur, en plaas dit in ’n slaaibak.
Voeg sout en peper by na smaak.
Braai die blokkies brood in dieselfde pan tot bruin en krakerig.
Meng dit in by die res van die bestanddele.
Sprinkel die feta, suurlemoensap en zest oor, en meng deur.
Kan warm of koud bedien word.

Deel nou