RESEPTE
Surita se gebakte peer-nagereg
Bestanddele
1 vel blaardeeg
suiker
peer, in dun skyfies gesny
amandelsplinters (opsioneel)
rosyne
gemengde speserye
Vir die vla:
1 groot eier
100 ml melk
100 ml room
1 eetlepel gesmelte botter
paar druppels amandelgeursel
3 eetlepels suiker
Metode
Rol die blaardeeg liggies uit.
Vou elke kant na binne sodat daar ‘n rand rondom is. Dit rand sal verhoed dat enige vloeistof uitloop.
Prik die deeg met oraloor met ‘n vurk.
Strooi 'n bietjie suiker oor die deeg.Z
Rangskik die peerskyfies bo-op.
Klits die vla se bestanddele saam.
Voeg die vla oor die pere, strooi 'n paar rosyne bo-oor, en rond af met 'n knippie gemengde speserye. Vir variasie kan jy ook amandelsplinters bo-oor strooi.
Bak in ʼn voorverhitte oond teen 180°C totdat dit goudbruin en opgepof is.
Bedien met ekstra room.