Die leier van ActionSA, Hermann Mashaba, laat nie ‘n oomblik verbygaan nie om sy wrewel in veral Helen Zille, maar ook Cilliers Brink, uit te spreek. Mashaba het die twee DA-burgemeesterkandidate al verskeie keer rassiste genoem, en gesê ActionSA sal nie toelaat dat hulle onderskeidelik burgemeester van Johannesburg en Tshwane sal word nie. Die DA het in albei stede die meeste stemme gekry. Maar wat is die wortel van die Mashaba se wrewel teenoor die twee? Pieter du Toit, assistentredakteur van News24, werp meer lig.
1,5 miljard liter drinkwater gaan elke dag in Gauteng verlore!
Sowat 1,5 miljard liter skoon drinkwater gaan elke dag in Gauteng verlore. Die Suid-Afrikaanse Mensregtekommissie (MRK) het pas ‘n verslag oor die stand van die lewering van drinkwater in Gauteng bekendgestel. Honderde duisende mense regoor Gauteng, wat metro’s soos Johannesburg, Tshwane, Ekhuruleni en munisipaliteite soos Mogale en in die Vaaldriehoek insluit, sit daagliks en dikwels weke aaneen sonder water. Volgens die MRK-verslag is daar egter glad nie ‘n tekort aan water nie.
Ons praat hieroor met Julius Kleynhans, uitvoerende bestuurder vir plaaslike regering by Outa.
Wat is die redes vir die geweld in Frankryk en ander EU-stede?
Uiters geweldadige betogings in Frankryk het daartoe gelei dat ‘n aandklokreël én ‘n verbod op groot byeenkomste vir ‘n beperkte tyd ingestel is. Terwyl politci stry of dit tweede en derde generasie immigrante is, eis besigheidseienaars antwoorde vir die honderde miljoene Euro se skade wat berokken is.
Dit is egter nie net Frankryk wat deurgeloop het onder honderde duisende wat die strate geweldadig ingevaar het nie. Ander lande soos Italië, Spanje, Griekeland, Albanië en Pole het ook deurgeloop.
Ons praat hieroor met professor Pieter Labuschagne, verbonde aan Unisa en Akademia.
Europa brand: Is dit die nuwe klimaatwerklikheid?
Europa brand. Nie net woude nie, maar ook rekords, infrastruktuur en gemeenskappe. Honderde duisende mense moes reeds uit hulle huise vlug. Die vlamme verswelg wynlande, bedreig militêre terreine en is só intens dat dit selfs hulle eie donderstorms begin vorm. Is dit net ’n uitsonderlike natuurramp, of is dit die nuwe normaal vir Europa?
Ons praat met Francois Engelbrecht, ’n professor in klimatologie en direkteur van die Global Change Institute by Wits.
Is die kernooreenkoms tussen Saoedi & VSA nét vreedsaam?
Die oliereus in die Midde-Ooste, Saoedi-Arabië, en die wêreld se grootste supermoondheid, Amerika, het volgens berigte ‘n geskiedkundige ooreenkoms bereik oor kernenergie. Kort ná die ooreenkoms bekend geword het, het die Amerikaanse president, Donald Trump, egter op sosiale media gesê die ooreenkoms is onderhewig daaraan dat Saoedi-Arabië die Abraham-akkoord onderteken, en daardeur Israel as ‘n staat erken. Die ooreenkoms is glo net om uraan te verryk vir kernkrag, maar vrese bestaan dat dit later mag ontwikkel tot wapengraad uraanverryking.
Ons praat hieroor met professor Jo-Ansie van Wyk, ‘n spesialis oor kernenergie-politiek, verbonde Unisa.
Wat doen skermtyd aan ons fokus, slaap en welstand?
Ons is deesdae byna heeltyd aanlyn. Van die oomblik wat ons wakker word, tot ons saans die selfoon op die bedkassie neersit, is tegnologie deel van ons werk, verhoudings en ontspanning.
Al hoe meer mense besef dat dit teen ’n prys kom: minder fokus, swak slaap, digitale uitbranding en die gevoel dat ons in honderde rigtings getrek word.
Ons praat met dr. Marlena Kruger, ’n digitale welstand- en neurointegratiewe gesondheidsafrigter, en stigter van MindUnique Education.
Omstrede BELA-wette 1e keer in hof getoets
Die omstrede BELA-wette is die eerste keer in die hof getoets in ‘n dringende aansoek in die hooggeregshof in Mahikeng, Noordwes. Die Noordwes Onderwysdepartement is deur die Swartruggens Gekombineerde Skool hof toe gevat oor ‘n hele aantal kinders wat sonder meer in die skool geplaas is. Ons praat hieroor met die bestuurshoof van die skolebeheerliggaam-organisasie, Fedsas, dr. Jaco Deacon.
1e in SA: Operasie kan demensielyers help
‘n Operasie wat vir demensiepasiënte moontlike verligting kan bring, is gister vir die eerste keer in Suid-Afrika in die Cintocare Private Hospitaal in Pretoria gedoen. Die operasie is deur die plastiese en rekonstruktiewe chirurg, dr. Ben Moodie, gedoen.
Hidrobreking kan Karoo se grondwater verwoes
Hidrobreking word toenemend as ’n energie-oplossing voorgestel, maar elke boorgat gebruik miljoene liter water, en kan ’n beduidende invloed op die Karoo se ekostelsels, grondwater en gemeenskappe hê.
Met die beoogde opheffing van ’n moratorium staan Suid-Afrika voor ’n kragtige keuse. Dit handel oor spekulatiewe ekonomiese beloftes teenoor die beskerming van water, landbougrond en biodiversiteit vir toekomstige geslagte.
Ons praat hieroor met Marais de Vaal, Afriforum se omgewingsake-raadgewer.
Lees meer: https://www.bbc.com/news/articles/c9v73r1ljl0o
https://www.consumernotice.org/environmental/fracking/
https://www.euronews.com/2020/11/03/what-is-fracking-and-why-could-it-swing-the-us-election

Is ’n universiteitsgraad nog belangrik in SA?
As die arbeidsmark in elk geval verander, is dit nog die moeite werd om ’n universiteitsgraad te kry?
Dis die vraag waarmee baie jonges en hulle ouers vandag worstel te midde van hoë werkloosheidsvlakke, tegnologiese veranderings en finansiële druk.
Kenners meen hoewel ’n werk nie altyd gewaarborg is nie, bly ’n graad dalk steeds die beste manier om jou toekoms oop te sluit.
Ons praat hieroor met prof. Linda du Plessis, senioradjunk-visekansellier by die Noordwes-Universiteit.