Skip to content

POTGOOISNITTE

Wat is die redes vir die geweld in Frankryk en ander EU-stede?

Wat is die redes vir die geweld in Frankryk en ander EU-stede?

Kategorie: Op en Wakker2026-10-21

Uiters geweldadige betogings in Frankryk het daartoe gelei dat ‘n aandklokreël én ‘n verbod op groot byeenkomste vir ‘n beperkte tyd ingestel is. Terwyl politci stry of dit tweede en derde generasie immigrante is, eis besigheidseienaars antwoorde vir die honderde miljoene Euro se skade wat berokken is. Dit is egter nie net Frankryk wat deurgeloop het onder honderde duisende wat die strate geweldadig ingevaar het nie. Ander lande soos Italië, Spanje, Griekeland, Albanië en Pole het ook deurgeloop. Ons praat hieroor met professor Pieter Labuschagne, verbonde aan Unisa en Akademia.