Skip to content

POTGOOISNITTE

Die wortel van ActionSA se weersin in Zille en Brink

Kategorie: Op en Wakker 2026-11-17

Die leier van ActionSA, Hermann Mashaba, laat nie ‘n oomblik verbygaan nie om sy wrewel in veral Helen Zille, maar ook Cilliers Brink, uit te spreek. Mashaba het die twee DA-burgemeesterkandidate al verskeie keer rassiste genoem, en gesê ActionSA sal nie toelaat dat hulle onderskeidelik burgemeester van Johannesburg en Tshwane sal word nie. Die DA het in albei dié stede die meeste stemme gekry. Waar lê die wortel van ActionSA se weersin in Zille en Brink? Ons praat hieroor met ‘n assistentredakteur van News24, Pieter du Toit.