Skip to content

POTGOOISNITTE

Europa brand: Is dit die nuwe klimaatwerklikheid?

Europa brand: Is dit die nuwe klimaatwerklikheid?

Kategorie: Op en Wakker2026-07-30

Europa brand. Nie net woude nie, maar ook rekords, infrastruktuur en gemeenskappe. Honderde duisende mense moes reeds uit hulle huise vlug. Die vlamme verswelg wynlande, bedreig militêre terreine en is só intens dat dit selfs hulle eie donderstorms begin vorm. Is dit net ’n uitsonderlike natuurramp, of is dit die nuwe normaal vir Europa? Ons praat met Francois Engelbrecht, ’n professor in klimatologie en direkteur van die Global Change Institute by Wits.