Skip to content

Beeld Kinderfonds (1-5 Sep 2025)

Kompetisie

Wen met RSG-Beeld-Kinderfonds

R50 is deesdae amper genoeg om brood en melk te koop. Dis ook hoeveel jy kan skenk om ’n nuwe motor te wen met die RSG-Beeld-Kinderfonds!

  • Dink daaraan dat jou skenking brood en melk aan ‘n kind voorsien.
  • Wen ook R5 000 as jy jou donasie gee teen middernag op Saterdag 6 September. Jy kan dus volgende week R5 000 ryker wees, en jy is ook in die trekking vir die nuwe motor later vanjaar!
  • Daar is 'n spesiale aanbod:  As jy R200 skenk, sal jy een ekstra gratis inskrywing kry, dus 5 in plaas van 4 inskrywings.
  • Jy kan ook R15 000 wen as jy deur die loop van die projek in totaal minstens R1 600 skenk.

Dis maklik om deel te neem. Betaal jou donasie aan Beeld-Kinderfonds, ABSA tjekrekeningnommer 2840157329. Gebruik jou selfoonnommer as verwysing, en jy sal ’n bevestiging van jou inskrywings binne drie werksdae ontvang. Al die inligting, reëls en kaartbetalingsopsies is op by www.beeldkinderfonds.co.za en https://www.facebook.com/Beeld-Kinderfonds-286782468069605/.

Rig navrae aan 061-479-4791 of info@beeldkinderfonds.co.za.

Die projek sluit op 5 November 2025.

01/ 09 / 2025
-
06 / 09 / 2025

Voriges

#Gesluit
Sluitingsdatum:
08/05/2026

Verbeel jou jy ry weg met ’n Toyota Vitz, of jy is R200 000 ryker! Die wenner van vanjaar se donasieprojek sal kan kies tussen R200 000 en ’n motor van dieselfde waarde.

Sluitingsdatum:
30/06/2026

RSG en die ATKV vier vanjaar met trots die dertigste radiodramaskryfkompetisie. En om hierdie mylpaal te gedenk, gaan daar in die 2026-kompetisie meer prysgeld én wenners wees.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
03/04/2026

In die Wen! Wen! Wen! Met Virseker-kompetisie bied ons jou drie maniere om te wen, drie redes om in te skryf en drie keer die opwinding! Jy kan tot soveel as R6 000 wen én jy gaan in die gelukkigetrekking vir ‘n Mazda CX-30, ter waarde R579 400!

#Gesluit
Sluitingsdatum:
27/02/2026

Jy kan jou deel van R100 000 en LIV Gholftoernooi-kaartjies wen.