Kompetisie
Wen R200 000 of ‘n motor én help behoeftige kinders
Dit is weer tyd vir RSG en Die Kinderfonds, voorheen bekend as Beeld-Kinderfonds, se jaarlikse donasieprojek waar jy groot pryse kan wen! Verbeel jou jy ry weg met ’n Toyota Vitz, of jy is R200 000 ryker! Die wenner van vanjaar se donasieprojek sal kan kies tussen R200 000 en ’n motor van dieselfde waarde.
Het jy geweet dat Die Kinderfonds jaarliks meer as 6 000 behoeftige kinders help? As jy ’n donasie maak, kry jy inskrywings om die groot prys te wen én jy dra by om die nood van behoeftige kinders te verlig.
Skenk R50 vir 1 inskrywing. Daar is ‘n spesiale aanbod: As jy R250 skenk sal jy een gratis inskrywing bykry, dus 6 inskrywings in plaas van vyf. Betaal jou bydrae aan Die Kinderfonds in by ABSA-tjekrekening 2840157329. Gebruik jou selfoonnommer en jou naam as verwysing. Kaartbetalings: https://pos.snapscan.io/qr/WCSC4131
Al die inligting en reëls is by diekinderfonds.co.za en Die Kinderfonds se Facebook-blad.
#Kinderfonds