Alkoholmisbruik raak selde net een persoon. Dikwels dra hele families die emosionele gewig daarvan, stilweg, agter toe deure.
Ons praat met iemand wat eerstehands ervaar het hoe diep die impak kan wees, maar ook hoe hoop en ondersteuning jou kan help om weer asem te haal.
Margaret Damon is al 35 jaar deel van Alkoholiste Anonien, ’n ondersteuningsgroep vir families en vriende van alkoholiste. Sy praat oor die belangrikheid van ondersteuningsgroepe.
Besoek www.alanon.org.za vir hulp, en www.alanon.org.za vir aanlyn-groepe.
