Skip to content

Frik se Mediterreense roomkaasterrien

RESEPTE

Frik se Mediterreense roomkaasterrien

Frik se Mediterreense roomkaasterrien

By: Frik de Jager
Frik se Mediterreense roomkaasterrien

Bestanddele

2 koppies roomkaas, fyngedruk
½ koppie opgekerfde swart en groen ontpitte olywe
¼ koppie geroosterde rooi soetrisies, in dun repies gesny
2 eetlepels fyngekerfde pietersielie en dille
1 teelepel knoffelpoeier
sout en swartpeper na smaak

Metode

Meng al die bestanddele by die roomkaas in.
Voer 'n medium broodpan uit met kleefplastiek.
Skep die mengsel in die pan, en druk dit stewig vas.
Verkoel in die yskas vir ongeveer 4 ure.
Verwyder uit die pan, en sny in dik snye.
Bedien saam met soutbeskuitjies of snye vars ciabatabrood.

Deel nou