Skip to content

Japie se gunsteling (Lemoenpoeding)

RESEPTE

Japie se gunsteling (Lemoenpoeding)

Japie se gunsteling (Lemoenpoeding)

By: Frik de Jager
Japie se gunsteling (Lemoenpoeding)

Bestanddele

2 - 3 eiers, geskei en wit styfgeklits
1 koppie suiker
¼ koppie meelblom
1 koppie melk
1 koppie lemoensap
1 eetlepel suurlemoensap
zest van 2 lemoene
3 eetlepels gesmelte botter

Vir garnering:
1 eetlepel suurlemoenzest, 1 eetlepel klapper, 1 eetlepel lemoenzest, saam gebraai in botter

Metode

Klop die geel van die eiers, en vou die suiker in.
Voeg die meelblom en die melk om die beurt by.
Voeg die lemoensap, zest, suurlemoensap en gesmelte botter by.
Vou die styfgeklitste wit van eiers by.
Voeg die beslag in 'n gesmeerde, vuurvaste  bakskottel, en bak dit ongeveer 45 minute tot bruin in 'n pan warm water in 'n oond teen 180 grade C.
Die poeding vorm 'n fyn kors bo-op, en 'n sous onderin.
Strooi die gebraaide zest en klapper bo-oor voor opdiening.

Deel nou