RESEPTE
Frik se geurige spinasiesop
Bestanddele
100 g botter
4 groot uie, fyngekap
6 knoffeltoontjies fyngedruk
250 g sampioene, fyngekap
1 pakkie sampioensoppoeier
2,5 kg vars spinasie, fyn gekerf
1 liter hoenderaftreksel
500 ml vars room
500 ml vars melk
sout en swartpeper, na smaak
¼ teelepel neutmuskaat
2 pakkies spek, gesnipper
¼ koppie suurlemoensap
1 koppie fyngerasperde Parmesankaas
Metode
Smelt die botter in ‘n groot pot.
Braai die uie oor matige hitte tot sag en deurskynend.
Voeg die knoffel en sampioene by, en braai vir nog ‘n paar minnute.
Voeg die hoenderaftreksel by.
Vpeg die spinasie by.
Lata dit kook net totdat die spinasie begin verwelk.
Gebruik ‘n voedselverwerker om die sop romerig te kry.
Meng die soppoeier met die melk en room, en voeg dit by die sop.
Geur met sout, swartpeper en neutmuskaat.
Braai die spek tot bros, en voeg by.
Verhit soveel porsies soos benodig, voeg ‘n bietjie suurlemoensap by, en sprinkel van die Parmesankaas bo-oor.