Skip to content

Beesstert met droë vrugte en sjerrie

RESEPTE

Beesstert met droë vrugte en sjerrie

Beesstert met droë vrugte en sjerrie

By: Willie Strauss
Beesstert met droë vrugte en sjerrie

Bestanddele

1,5 kg beesstert
2 pakkies beesstert-soppoeier
olie
2 uie, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
water
1 x 1 kg pak gemengde droë vrugte
100 ml volroom sjerrie
30 ml Worcestersous
50 ml blatjang
5 loerierblare
3 groot aartappels, in stukke gesny
2 groot wortels, in ringe gesny
1 pakkie jongmielies

Metode

Rol die beesstertstukke in 1 pakkie soppoeier.
Verhit die kastrol, en braai die beestert in olie tot bruin aan alle kante.
Verwyder uit die kastrol.
Braai die uie en knoffel tot sag.
Voeg alles saam in die kastrol, behalwe die laaste pakkie soppoeier, en bedek met water.
Kook vir ten minste 3 ure tot die beesstert en groente sag is.
Voeg die laaste pakkie soppoeier in die laaste halfuur by, en laat die goed deur kook.
Bedien met rys of stampmielies.

Deel nou