Skip to content

Tasha se pavlova

RESEPTE

Tasha se pavlova

Tasha se pavlova

By: Tasha van der Watt
Tasha se pavlova

Bestanddele

600 g strooisuiker
12 eierwitte

Metode

Maak die strooisuiker warm in die oond teen 180 grade. Dit moennie smelt nie, net warm word.
Klits die eierwitte in ‘n mengbak tot skuimerig.
Voeg die warm strooisuiker geleidelik, lepel vir lepel, by terwyl jy aanhou klits.
Klits tot die meringue dik, glansend en styf is. Wanneer die klitser opgelig word, moet die meringue stywe punte vorm.
Vorm 'n wiel op 'n uitgevoerde bakplaat.
Bak teen 120°C vir ongeveer 3 ure.
Skakel die oond af en laat die pavlova in die geslote oond afkoel voordat jy dit uithaal.
Versier met vars vrugte en/of geklopte room.

Deel nou