Skip to content

Frik se Marokkaanse beesbredie

RESEPTE

Frik se Marokkaanse beesbredie

Frik se Marokkaanse beesbredie

By: Frik de Jager
Frik se Marokkaanse beesbredie

Bestanddele

1 kg dikrib (chuck), in blokkies gesny
2 eetlepels meel, gemeng met sout en swartpeper
3 medim uie, gekap
6 tot 8 knoffeltoontjies, fyngekap
3 lourierblare
½ teelepel fyn naeltjies
1 eetlepel komynpoeier
1 teelepel brandrissiepoeier
1 teelepel kaneel
3 tot 4 koppies beesekstrak
1 blikkie opgesnyde tamaties
2 blikkies kekerertjies, gedreineer
500 g spinasie, opgekerf
1 koppie gekapte vars koljander
1 koppie olyf- of sonneblomolie
sout en peper na smaak

Metode

Rol die beesblokkies in ‘n bak met die meelmengsel, en hou eenkant.
Verhit olie in ‘n groot kastrol.
Braai die beesblokkies tot bruin, en skep uit.
In dieselfde kastrol, braai die uie, knoffel en lourierblare vinnig saam.
Voeg die komynpoeier, kaneel, rissiepoeier en naeltjies by, en braai saam met die res.
Roer die tamaties in, en kook vir 5 minute.
Voeg die beesekstrak en beesblokkies by, en kook vir ongeveer ‘n uur op lae hitte tot sag.
Roer die kekerertjies en spinasie by, en prut vir 10 minute.
Voeg sout en peper na smaak by.
Garneer met vars koljander.
Bedien op koeskoes of bruinrys.

Deel nou