Skip to content

Rina Coetzee se Cremoratert

RESEPTE

Rina Coetzee se Cremoratert

Rina Coetzee se Cremoratert

By: Rina Coetzee
Rina Coetzee se Cremoratert

Bestanddele

Vulsel
1 koppie Cremora
½ koppie kookwater
1 blikkie kondensmelk
½ koppie suurlemoensap

Kors
Enige tertkors van jou keuse (Tennisbeskuitjiekors of 'n klaargemaakte tertkors)

Metode

Meng die Cremora met die halwe koppie kookwater totdat dit glad is.
Laat die mengsel baie goed afkoel.
Voeg die kondensmelk en suurlemoensap by.
Klits die mengsel baie goed totdat dit dik en romerig is.
Skep die vulsel in die voorbereide tertkors.
Verkoel die tert vir minstens 2 tot 3 ure, of totdat dit stewig gestol het.
Sit koud voor.

Deel nou