Skip to content

Nadine se gesonde maalvleisgereg

RESEPTE

Nadine se gesonde maalvleisgereg

Nadine se gesonde maalvleisgereg

By: Nadine
Nadine se gesonde maalvleisgereg

Bestanddele

Vir die maalvleis
500 g maalvleis
100 g gesoute botter
1 groot ui, fyngekap
2 - 3 teelepels hoenderspesery
sap van halwe suurlemoen
3 - 4 eetlepels perskeblatjang
½ koppie (125 ml) kookwater

Vir die kapokaartappels
4 - 5 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
50 g botter
1 - 2 teelepels Aromat, na smaak

Vir die salsa en slaaibasis
1 kop blaarslaai (of 200 g vars spinasie), gewas en gesnipper
2 groot tamaties, fyngekap
1 klein rooi ui, baie fyn gekap
½ koppie mayonnaise (vir die afronding)

Metode

Stap 1: Maak die kapokaartappels
Plaas die aartappelblokkies in 'n pot met water, en bring tot kookpunt.
Kook tot sag  - ongeveer 15 - 20 minute.
Dreineer die water.
Voeg die botter en Aromat by.
Druk die aartappels fyn met 'n aartappeldrukker tot dit romerig en glad is.
Hou eenkant warm.

Stap 2: Maak die maalvleis
Smelt die botter in 'n pan oor matige hitte, en braai die gekapte ui tot dit goudbruin en sag is.
Voeg die maalvleis en hoenderspeserye by.
Braai die vleis terwyl jy dit met 'n vurk losmaak, tot dit net verkleur het.
Roer die perskeblatjang en die sap van die halwe suurlemoen by.
Voeg die kookwater by, verlaag die hitte, en laat dit onbedek prut vir 10 - 12 minute tot die sous lekker dik en ryk is.

Stap 3: Maak die salsa
Meng die fyngekapte tamaties en rooi ui saam in 'n klein bakkie om 'n vars salsa te vorm. (Geur liggies met sout as jy wil).

Stap 4: Die bymekaar sit
Pak 'n laag vars blaarslaai of spinasie onderin vier diep opdienbakkies.
Skep 'n stewige porsie warm kapokaartappels bo-op die groenblare.
Skep die warm maalvleis met sy ryk sous bo-op die kapokaartappels.
Sprinkel die salsa bo-oor die vleis.
Rond elke bakkie af met 'n goeie skoot mayonnaise.

Deel nou