Het jy geweet spesifieke kankergewasse in die niere, lewer, longe en selfs skeletbene kan sonder chirurgie met krio-ablasie weggevries word. Deur ‘n naald in die gewas te druk, en die voorpunt te vries, kan die kankerselle doodgevries word. Watter pasiënte kan met dié nie-ingrypende metode behandel word? Mari Hudson praat met Dr Frikkie Buitendag, radioloog by Morton’s Radiologie, wat pas ‘n pasiënt se niergewas weggevries het.

