Skip to content

Groeipyne

Potgooi

Groeipyne

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Groeipyne: Borsvoeding

Groeipyne: Borsvoeding

Kategorie: Groeipyne2026-07-23

23 Julie 2026: Die Wêreld Gesondheidsorganisasie beveel aan dat mamma’s hulle suigelinge eksklusief borsvoed vir die eerste ses maande ná geboorte. Maar gebeur dit in praktyk? Professor Christine Taljaard-Krugell van die Noordwes-Universiteit se Sentrum vir Uitnemendheid in Voeding het ‘n artikel geskryf oor borsvoeding, en die prys wat hiervoor betaal word.

Groeipyne: Musiekterapie

Groeipyne: Musiekterapie

Kategorie: Groeipyne2026-07-16

16 Julie 2026: Wat is die waarde van musiekterapie vir kinders se algehele welstand en ontwikkeling. Musiekterapeut Anja Pollard vertel wat dié soort terapie behels.

Groeipyne: Leesprojek vir Graad R tot Graad 3

Groeipyne: Leesprojek vir Graad R tot Graad 3

Kategorie: Groeipyne2026-07-09

9 Julie 2026: Deur vir ‘n kind voor te lees en stories te vertel, ontsluit jy soveel meer as net hulle verbeelding. Dis ‘n verrykende ervaring vir sowel leser as luisteraar. Nelmarie Kemp van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans vertel van hulle Zoe-leesprojek vir Graad R tot Graad 3, en hoe hulle leesfasiliteerders in gemeenskappe oplei.

Groeipyne: Oogprobleme by voorskoolse kinders

Groeipyne: Oogprobleme by voorskoolse kinders

Kategorie: Groeipyne2026-07-02

2 Julie 2026: Sig is een van die mens se vyf tradisionele sintuie. Ons oë help ons om die wêreld om ons te kan sien en verken. Natasha Pieterse, ‘n pediatriese oogkundige, vertel van die oogprobleme wat by voorskoolse kinders kan opduik, en ons hoor of die eet van wortels wel help om goeie sig te bevorder.

Groeipyne: Toepassing van dissipline by voorskoolse kinders

Groeipyne: Toepassing van dissipline by voorskoolse kinders

Kategorie: Groeipyne2026-06-25

25 Junie 2026: Ouers vind dit soms moeilik om oënskynlike negatiewe opmerkings oor hulle kinders se onaanvaarbare gedrag te aanvaar. Hulle is dadelik op die aanval en gereed die kinders te verdedig, want heel dikwels sien ouers hulle kinders as ‘n verlengstuk van wie hulle is. Kleinkinderonderrigspesialis en kleuterskooljuffrou, Yolandi van den Heever praat oor dissipline en die toepassing en handhawing daarvan.

Groeipyne: ‘Leer moet prettig wees’

Groeipyne: ‘Leer moet prettig wees’

Kategorie: Groeipyne2026-06-18

18 Junie 2026: Wanneer ons dink aan leer, dink ons aan boeke, oefeninge en formele onderrig. Maar is dit wat jong kinders nodig het? Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige en vroeëkinderontwikkelingspesialis, glo dat leer, veral in die voorskoolse fase, prettig moet wees.