Skip to content

Groeipyne

Potgooi

Groeipyne

Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige een wat kinders of tieners grootmaak en soms voel of hulle teen die mure kan uitklim!

Groeipyne: Leesgeletterdheid

Groeipyne: Leesgeletterdheid

Kategorie: Groeipyne2026-09-17

17 September 2026: Wat is fonologiese en fonemiese bewustheid? Tessa Arendse is ‘n oudhoërskoolonderwyser wat nou private onderwysopleiding verskaf met ‘n spesifieke fokus op leesbegrip.

Groeipyne: Hoe om demensie aan ‘n kind te verduidelik

Groeipyne: Hoe om demensie aan 'n kind te verduidelik

Kategorie: Groeipyne2026-09-10

9 September 2026: September is Wêreld Alzheimers-bewusmakingsmaand. Hoe verduidelik ‘n mens aan ‘n jong kind wat demensie en Alzheimers is? Lillian Kruger van die Assossiasie vir Demensie en Alzheimers van Suid-Afrika (ADASA) verduidelik hoe om kinders te ondersteun as grootouers se geheue, denke, taal en gedrag verander wanneer hulle demensie het., en hoe om jou brein gesond te hou.

Groeipyne: Vroue se versorgingslas

Groeipyne: Vroue se versorgingslas

Kategorie: Groeipyne2026-09-03

3 September 2026: ‘n Verslag deur die Suid-Afrikaanse Kommissie vir Geslagsgelykheid het in 2024 bevind dat die verantwoordelikheid vir kindersorg en huishoudelike werk steeds op die skouers van vroue rus. Erika Jooste, die opvoeding- en genderbestuurder by Sesame Workshop International South Africa, het vir Vrouemaand ‘n artikel geskryf oor die versorgingslas wat vroue dra.

Groeipyne: Spelterapie is doeltreffend om kinders se emosies te verwerk

Groeipyne: Spelterapie is doeltreffend om kinders se emosies te verwerk

Kategorie: Groeipyne2026-08-27

27 Augustus 2026: Watter rol speel spelgebaseerde intervensie by kinders wat trauma ervaar het, of wat sukkel om hulle emosies te reguleer? Marie-Louise van Heerden is ‘n gekwalifiseerde maatskaplike werker en spelterapeut, wat in ‘n veilige omgewing met jong kinders werk. Deur middel van spelterapie kom sy by hulle harte uit.

Groeipyne: Ontluikende geletterdheid

Groeipyne: Ontluikende geletterdheid

Kategorie: Groeipyne2026-08-20

20 Augustus 2026: Wat is ontluikende geletterdheid, en watter rol speel voorlees en stories om dit te bevorder? Renie Theron, projekbestuurder van Bazoo, vertel van die werk wat hulle op en weg van die verhoog doen.

Groeipyne: Sensoriese integrasie en emosionele regulering

Groeipyne: Sensoriese integrasie en emosionele regulering

Kategorie: Groeipyne2026-08-13

13 Augustus 2026: Wat is sensoriese integrasie? Watter rol speel dit in kinders se ontwikkeling? Christelle Koekemoer is ‘n arbeidsterapeut betrokke by ‘n spesiale skool. Sy bied insig oor sensoriese integrasie en emosionele regulering. Sy vertel ook van die werk wat haar organisasie, Wiggly Education, doen om ouers en opvoeders te bemagtig.