Skip to content

Monitor

Potgooi

Monitor

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Monitor: Hernieude kommer oor kunsmis- en brandstofpryse

Monitor: Hernieude kommer oor kunsmis- en brandstofpryse

Kategorie: Monitor2026-07-10

10 Julie 2026: Kommer oor kunsmis- en brandstofpryse weens die hernieude konflik in die Midde-Ooste. Voëlgriep vlam weer op langs die Wes- en Oos-Kaap se kus. Sestienduisend maatskapye wat versuim om werknemers se pensioenfondse oor te betaal, gaan vasgevat word.

Monitor: Skietstilstand tussen VSA en Iran wankel

Monitor: Skietstilstand tussen VSA en Iran wankel

Kategorie: Monitor2026-07-09

9 Julie 2026: Die skietstilstand tussen die VSA en Iran wankel. Hoeveel mense is nou al gerepatrieer, en watter hervormings in beleid sal volg? March and March vertel wat die plan is met vandag se eerste Donderdag-optog teen onwettige immigrasie. Suid-Afrika se ekonomiese aktiwiteit verlangsaam verder.

Monitor: Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite

Monitor: Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite

Kategorie: Monitor2026-07-08

8 Julie 2026: Die Nasionale Tesourie bevries befondsing aan 60 munisipaliteite. Minister Pieter Groenewald reageer op die MK Party se eis dat buitelandse gevangenes gerepatrieer word. Kommer oor die omstandighede waarin 350 soldate in Bloemfontein in kwarantyn gehou word.

Monitor: MRK vra regering om in te gryp met buitelanders wat in Kaapstad gestrand is

Monitor: MRK vra regering om in te gryp met buitelanders wat in Kaapstad gestrand is

Kategorie: Monitor2026-07-07

7 Julie 2026: Die Menseregtekommissie vra die regering om in te gryp nadat minstens 600 buitelanders in Kaapstad gestrand is. Ons bespreek Ayanda Dlodlo se aanstelling as ambassabeur in Frankryk. Ongeloof oor FIFA se besluit om ‘n verbod op ‘n Amerikaanse doelskieter op te hef ná ‘n telefoonoproep van president Trump – nie dat dit gewerk het nie, want Amerika was gister die laaste gasheerland om die trekpas te kry by die Wêreldbeker-eindtoernooi.

Monitor: Europa steier onder hittegowe en veldbrande

Monitor: Europa steier onder hittegowe en veldbrande

Kategorie: Monitor2026-07-06

6 Julie 2026: Kommer oor die humanitêre impak van die landwye protesoptrede teen ongedokumenteerde buitelanders. Europa en Brittanje steier onder die soveelste hittegolf dié somer, en verwoestende veldbrande. Luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi het presies ‘n jaar gelede die land laat regop sit met sy bewerings: Was dit in die beste belang van Suid-Afrika?

Monitor: RNE is twee jaar oud

Monitor: RNE is twee jaar oud

Kategorie: Monitor2026-07-03

3 Julie 2026: ‘n Regter vonnis die Saunders-moordenaars lewenslank, en sê die motief bly ‘n raaisel. Die Regering van Nasionale Eenheid is vandag twee jaar oud. Kan Nigerië vergoeding eis namens sy burgers wat gerepatrieer is? ‘n Malawiër weier om die land sonder sy hond te verlaat.