Koffiesport 24 Oktober 2026
‘n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met ‘n effense tong-in-die-kies-benadering.
‘n Samevatting van die week se sportgebeure deur afgetrede predikant, Dave Strydom, met ‘n effense tong-in-die-kies-benadering.
Heinrich Schulze kyk na die sportpretasies van die Geyser-familie.
Formule 1 is weer in die nuus, en hierdie keer is dit nie oor ’n naweek se drama nie, maar oor ’n dramatiese kentering in die sport se tegniese toekoms. Die FIA-president, Mohammed Ben Sulayem, het onverwags aangekondig dat F1 reeds in 2030 terugkeer na V8 enjins – ‘n jaar vroeër as die vorige teiken. Die manier waarop hierdie nuus bekendgemaak is, laat meer vrae as antwoorde, en die aankondiging is boonop gemaak by die bekendstelling van die Rwanda-bod vir ’n Afrika-Grand Prix.
Die voorlopige toekenning van die Afrika-Formule 1 Grand Prix aan Rwanda, het merkbare teenreaksie ontketen – nie net uit die motorsportgemeenskap nie, maar uit ‘n reeks internasionale instansies, wat die besluit as riskant en potensieel onregverdig beskryf.
Gimnastiek is in een van sy besigste internasionale periodes. Die Artistieke Wêreldkampioenskappe in Rotterdam, waar die wêreld se topgimnaste vir ranglyste en kwalifisering meeding, is aan die gang. Intussen is die trampolien en tuimelgreekse reeds afgehandel, met die jongste FIG Wêreldbeker geleentheid wat vroeër vandeesmaand in Italië plaasgevind het. Dit plaas Suid Afrika se gimnastiekprogram in ’n belangrike internasionale periode. Ons praat hieroor met Adele Heine, president van Gimnastiek SA.
Willem Pelser kyk na die oorsprong van karate, hoe dit na Suid-Afrika versprei het, en die stand van die sportsoort in die land.