Skip to content

POTGOOISNITTE

V8-enjins in 2030 terug by F1

V8-enjins in 2030 terug by F1

Kategorie: RSG Sport2026-10-17

Formule 1 is weer in die nuus, en hierdie keer is dit nie oor ’n naweek se drama nie, maar oor ’n dramatiese kentering in die sport se tegniese toekoms. Die FIA-president, Mohammed Ben Sulayem, het onverwags aangekondig dat F1 reeds in 2030 terugkeer na V8 enjins – ‘n jaar vroeër as die vorige teiken. Die manier waarop hierdie nuus bekendgemaak is, laat meer vrae as antwoorde, en die aankondiging is boonop gemaak by die bekendstelling van die Rwanda-bod vir ’n Afrika-Grand Prix.