Afrikaners vir SA se gesprek met Amerika se ambassadeur
Verskillende Afrikaner-organisasies staan al maande lank tou om hulle saak by Amerika se ambassadeur in Pretoria te stel. Vandeesweek is dit moontlik die beurt van ’n groep met ’n heel ander boodskap. Die Afrikaners vir Suid-Afrika-groepering sê Afrikaners is nie slagoffers van ’n volksmoord nie, maar deel van ’n land waar almal die gevolge van swak regering ervaar. Ons praat met die joernalis Ruda Landman, wat deel van die beplande afvaardiging is.
