Amerikaners na die stembus: Wat kan ons verwag?
Amerikaners gaan môre stembus toe in die land se middeltermyn-verkiesing. Hemelhoë brandstofpryse, hoë lewenskoste en die oorlog in Iran sal volgens ontleders ‘n groot rol in kiesers se keuse speel. Maar terwyl die Republikeine ‘n opdraande stryd het, is daar kommentators wat meen die Demokrate is nie vreeslik georganiseerd nie en is tot ‘n mate rigtingloos. Ons praat hieroor met die politieke joernalis en skrywer, Jan-Jan Joubert.
