Skip to content

POTGOOISNITTE

Ben Dekker (1940 – 2026)

Kategorie: Op en Wakker 2026-11-16

‘n Enigma wat hom byna aan geen konvensie gesteur het nie. Ben Dekker was ‘n akteur, digter, skilder, natuurmens en het nog vele ander dinge gedoen. Hy is verlede week in die ouderdom van 86 jaar oorlede in Port St. Johns aan die Wildekus. Hy het dekades lank daar in ‘n selfgeboude hut langs Second Beach gebly. Dekker, wat byna twee meter in sy stewels gestaan het, word veral onthou as Gaitsigubib, die woestynswerwer in die TV-reeks, Die Vlakte Duskant Hebron. In 1970 het hy selfs vir sir De Villiers Graaff in ‘n verkiesing uitgedaag om parlementslid te word. Ons praat met dr. Lydia Dekker, jarelange vriend van Ben.