Binne en buite: Johan Koornhof
DJ Muller gesels met sakeman en motiveringspreker Johan Koornhof oor twee gebeure waar hy by die dood omgedraai het. Die eerste in ‘n trapfietsongeluk en die tweede tydens Covid toe hy ophou asemhaal het. Hy vertel hoe die ervarings sy lewe en sy geloof ingrypend verander het.
