Brandpunt: Die Madlanga-komissie ondersoek dokters oor mediese sertifikate vir getuies
16 Julie 2026: Uitspraak is voorbehou in president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om die Parlementêre Afsettingskomitee se werk te staak. Die Madlanga-komissie gaan dokters dagvaar om vas te stel of die mediese sertifikate wat aan getuies uitgereik is, aan wetlike en etiese vereistes voldoen. Roerende hulde word opgedra aan die Bafana-Bafana ster, Jayden Adams.
