Daardie ekstra 10% op jou restaurantrekening is onwettig
Jy gaan eet lekker uit, geniet jou kos, en wanneer die rekening kom, is daar sommer klaar ’n ekstra 10% vir die kelner bygereken. Jy kan natuurlik vra dat hulle dit verwyder, maar kom ons wees nou eerlik – hoeveel van ons gaan regtig daardie ongemaklike gesprek aanknoop? Nou het die Nasionale Verbruikerstribunaal beslis dié praktyk is onwettig nadat ’n restaurant in Pretoria outomaties 10% by elke rekening gevoeg het. Ons praat met Lee-Anne Singer, die Kaapse voorsitter van Fedhasa, die sambreelliggaam vir Suid-Afrika se gasvryheidsbedryf.