Dawie Roodt: Kan ’n land regtig sonder belasting klaarkom?
Ons kry elke nou en dan vrae van Op en Wakker-luisteraars wat wonder hoekom Dawie Roodt so gereeld teen belasting uitvaar. Pieter Swart van Stellenbosch het ’n baie interessante vraag: As belasting dan so ’n slegte ding is, hoe sal ’n staat sonder belasting lyk? En hoe op aarde sal so ’n regering sy werk doen en sy rekeninge betaal? Dit is ’n billike vraag, want niemand hou daarvan om belasting te betaal nie, maar ons verwag tog paaie, skole, hospitale en ander staatsdienste.
