Die donker kant van die Rassie-effek
Die nasionale gemoed is maar laag ná die Bokke se nederlaag teen Ierland. Die emosies loop hoog, die kritiek is fel en Rassie Erasmus se skorsing gooi nog olie op die vuur. Op sosiale media vlieg die beskuldigings rond, en ondersteuners is allesbehalwe eensgesind oor wat in Dublin skeefgeloop het. Intussen kom die sogenaamde Rassie-effek ook onder die vergrootglas met toenemende debat oor die donkerder kant van Suid-Afrika se passie vir rugby. Ons praat met dr. Fanie Roos, ’n lektor in sportbesigheidbestuur by Noordwes-Universiteit se Vanderbiljpark-kampus.