Skip to content

POTGOOISNITTE

Die moderne Afrikanerman (Deel 1)

Die moderne Afrikanerman (Deel 1)

Kategorie: Intussen2026-07-27

Meer as 30 jaar ná 1994 worstel baie Afrikanermans steeds met vrae oor identiteit, hulle plek in die samelewing, en wat dit beteken om vandag ’n man te wees. Dít is die vertrekpunt van sielkundige Mart-Marié Uys se nuwe boek, AFRIKANERMAN: VASGEVANG TUSSEN ONTHOU EN HERONTDEK, waarin sy die stemme van honderde mans bymekaarbring om te probeer verstaan wat in hulle binneste aangaan. Ons praat met haar oor die moderne man, sy uitdagings, sy seerkry, en sy hoop.