Skip to content

POTGOOISNITTE

Die moraliteit van oorloë

Die moraliteit van oorloë

Kategorie: Op en Wakker2026-10-06

Ons saai uit vanaf die RSG en ATKV-vierkant by die Woordfees op Stellenbosch. Ons praat oor oorlog en die moraliteit van oorloë. Volgens die Internasionale Rooikruis is daar tans meer as 100 aktiewe gewapende konflikte in die wêreld. Môre is dit presies drie jaar gelede sedert die 7de Oktober-aanvalle in Israel. Dan is daar ook Iran, Oekraïne en Soedan – om maar net ‘n paar te noem. Ons gaste is die militêre sosioloog, professor Lindy Heinecken, professore Abel Esterhuyse en Evert Kleynhans van die Fakulteit Krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch, en dr. Marthie Momberg, navorsingsgenoot aan die Fakulteit Teologie op Stellensbosch.