Die waarheid van jou verlede
Philip Truter is die voormalige finansiële hoof van VBS Mutual Bank. Die bank se ineenstorting het groot finansiële verliese vir talle mense en gemeenskappe meegebring. Philip het skuldig gepleit op ernstige aanklagte wat met die bank se ondergang verband hou. Hy gesels oor wat dit beteken om met die waarheid oor jou verlede saam te leef.
