Doen jou eie ding: Adams Health & Eves Health
Palesa Matlala praat met Christian Opperman, die stigter en bestuurshoof van Adams Health & Eves Health. Dié twee besighede is telegesondheidsplatforms wat private, doktergeleide sorg en diskrete huisaflewering van behandelings bied. Albei maak gebruik van HPCSA-geregistreerde Suid-Afrikaanse dokters en werk op ‘n maandelikse lidmaatskapmodel sonder die behoefte aan tradisionele wagkamers of apteekbesoeke. https://adamshealth.co.za/ https://eveshealth.co.za/