Skip to content

POTGOOISNITTE

E-rommel: Jou ou selfoon is deel van ’n groter probleem

E-rommel: Jou ou selfoon is deel van ’n groter probleem

Kategorie: Op en Wakker2026-09-01

Ons leef in ’n tyd waar ons al hoe vinniger ons selfone, rekenaars en ander elektroniese toestelle vervang. Maar wat gebeur met al die ou toestelle? E-afval is een van die wêreld se afvalstrome wat die vinnigste groei. Suid-Afrika genereer meer as 300 000 ton e-rommel per jaar, waarvan slegs ’n klein deel formeel herwin word. Ons praat hieroor met prof. Katinka de Wet van die Universiteit van die Vrystaat se Interdissiplinêre Sentrum vir die Digitale Toekoms.