Eben Cruywagen (1956 - 2026)
Die Afrikaanse radiowêreld neem afskeid van die bekende verwerker, dramaregisseur en voormalige omroeper Eben Cruywagen. Hy het die grootste deel van sy loopbaan by die SAUK deurgebring, en was een van die grondleggers van wat vandag as SABC Opvoedkunde bekend staan. Cruywagen was veral bekend vir sy meesterlike verwerking van klassieke Afrikaanse tekste soos Ampie, Die man van Cirene en Jaffie. As mentor het hy ook talle regisseurs, akteurs en skrywers geïnspireer. Kobus Burger en Ina Strydom bring hulde aan hom.
