Erge koue: Hou die komberse en musse byderhand
‘n Erge kouefront het reeds dele van die land in sy greep, met sneeu wat in dele van die Wes- en Oos-Kaap geval het. Dele van KwaZulu-Natal en Vrystaat, en selfs Gauteng kan ook sneeu en reën kry. Om met ons hieroor te praat, sluit meteoroloog Annette Botha by ons aan.
