Frieda van den Heever by die Woordfees
Sy is ’n teatermaker, ’n sanger met ’n stem wat diep skud, en een van die mees geliefde stemme op lug. Ons sit by die Woordfees aan saam met die talentvolle Frieda van den Heever. In hierdie gesprek deel sy meer oor haar lewensreis, die hartklop agter haar kreatiewe werk, en wat gehore kan verwag van haar jongste produksies op die feesplanke.
