Skip to content

POTGOOISNITTE

Gaan jy braai nadat jy gestem het? Jan Braai sê of hy gaan

Gaan jy braai nadat jy gestem het? Jan Braai sê of hy gaan

Kategorie: Op en Wakker2026-11-04

Terwyl miljoene Suid-Afrikaners vandag hulle kruisies trek, beplan baie om nadat hulle gestem het, iets op die kole te gooi. Dis immers ‘n bonusvakansiedag in die middel van die week. Jan Braai het geen bekendstelling nodig nie, en daar het onlangs ‘n splinternuwe boek van hom en Kobus Galloway van Idees vol Vrees, verskyn. En nie te lank terug nie, het Jan se indrukwekkende braai-resepteboek, Atmosvuur, ook verskyn.