Skip to content

POTGOOISNITTE

Geestesgesondheid: Waarom werkgewers anders oor produktiwiteit moet dink

Geestesgesondheid: Waarom werkgewers anders oor produktiwiteit moet dink

Kategorie: Geestesgesondheid2026-06-16

16 Junie 2026: Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor die rol wat werkgewers speel in mense se geestesgesondheid, produktiwiteit en vermoë om te herstel. In baie Suid-Afrikaanse werksomgewings word lang ure, voortdurende beskikbaarheid en sigbare besigwees steeds maklik met toewyding en harde werk verwar. Tog kan hierdie kultuur mense stadig uitput en uiteindelik ook prestasie benadeel.