Gesondheid: Kommer oor minder orgaanoorplantings in SA
26 Augustus 2026: Die aantal orgaanoorplantings in Suid-Afrika daal. Dit wek ernstige kommer want duisende Suid-Afrikaners wag op niere, harte, lewer, longe en ander organe. Die grootste probleem is omdat heeltemal te min breindood potensiële skenkers verwys word, die gebrek aan toestemming deur familielede, en omdat gesonde mense nie hulle wense met hulle gesinne bespreek nie. Mari Hudson praat met ‘n hartchirurg oor die stand van orgaanoorplantings in Suid-Afrika, en wat gedoen kan word.
