Skip to content

POTGOOISNITTE

‘Grootste gevaar vir skole is middelmatigheid’

‘Grootste gevaar vir skole is middelmatigheid’

Kategorie: Op en Wakker2026-07-29

Ons hoor dikwels dat Suid-Afrika se onderwysstelsel in ’n krisis is. ’n Kenner waarsku dat die werklike gevaar nie is dat die stelsel ineenstort nie, maar dat ons middelmatigheid aanvaar terwyl miljoene kinders steeds sukkel om te lees, wiskunde te bemeester en hulle volle potensiaal te bereik. Waar lê die verskil tussen ’n stelsel wat nog funksioneer, en een wat werklik gehalte-onderwys lewer? Ons praat hieroor met prof. Linda du Plessis, Noordwes-Universiteit se senior-adjunkvisekanselier.