Hoe gaan dit met jou kind? 23 Oktober 2026
Pediatriese pulmonoloog dr. Delano Rhoode gee raad oor kinderkwale. Hy praat oor ’n tienjarige wie se mangels verlede jaar uitgehaal is. Alles gaan goed en hy is nie meer so gereeld siek ni, maar sy gewig het in ’n jaar verdubbel en hy is konstant naar. Hy praat ook oor ’n baie aktiewe sesjarige wat moeilik met ander kinders oor die weg kom, voorwerpe gooi, en soms nog ‘n glips in die bed kry.
