Hoe lyk die toekoms van Afrikaanse flieks?
Dis die grootste Afrikaanse filmfees in die wêreld, en elke jaar word ‘n verskeidenheid splinternuwe vollengte flieks en dokumentêre reekse bekendgestel. Volgende week begin die 14de kykNET Silwerskermfees in Kaapstad. Dis nie net gevestigde fliekmakers wie se werk vertoon word nie. Elke jaar word daar groot moeite gedoen om nuwe talent te ontwikkel, en kortfilms en dokumentêre speel ‘n belangrike rol op die fees. Waldimar Pelser, direkteur van premiumkanale by MultiChoice vertel meer van die fees.
