Skip to content

POTGOOISNITTE

Hoe verklaar jy dit: Boom word voëlrestaurant; Nuwe spesies

Hoe verklaar jy dit: Boom word voëlrestaurant; Nuwe spesies

Kategorie: Hoe verklaar jy dit?2026-09-20

20 September 2026: ’n Bessieboom kan skielik soos ’n voëlrestaurant lyk! Tientalle meelogies het opgedaag vir ’n feesmaal, en toe die laaste bessie weg is, het hulle net so skielik verdwyn. Hoekom sien ons party voëls en diere in sommige woonbuurte, en ander glad nie? En, as wetenskaplikes ’n nuwe spesie ontdek, het dié dier nou eers ontstaan, of het ons hom bloot nou eers raakgesien?