Skip to content

POTGOOISNITTE

Hugenote-tonnel opgegradeer

Hugenote-tonnel opgegradeer

Kategorie: Op en Wakker2026-04-17

Die Hugenote-tonnel deur die Du Toitskloof-berge is 3,9 kilometer lank. Dis die langste tonnel in Afrika. Sanral bereken dat meer as 100 miljoen voertuie sedert die tonnel in 1988 gebou is, daardeur gery het. Nou word ‘n tweede tonnel, en die opgradering van die huidige tonnel beplan. Daar word beraam dat dit sowat R4 miljard sal kos. Ons praat hieroor met professor Corné Schutte, ‘n adjunkdekaan van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch.