Hulde aan die Koningin van Speserye, Cass Abrahams
Sy was ‘n Suid-Afrikaanse kosikoon – ‘n sjef wat kos as die uitdrukking van kultuur gesien het. Cass Abrahams is as die koningin van speserye beskryf, en het Kaaps-Maleise kos en kultuur vir die res van die wêreld oopgebreek. Sy is Saterdag in die ouderdom van 83 jaar oorlede. Sy het regoor die wêreld gekook, en verskeie boeke oor Kaaps-Maleise kookkuns die lig laat sien. Om hulde aan Cass te bring, sluit Karen Hart van Toorkombuis by ons aan. Karen is ‘n kosredakteur, skrywer en sjef.
