Skip to content

POTGOOISNITTE

Kakkerlak-beweging skud Narendra Modi se regering

Kakkerlak-beweging skud Narendra Modi se regering

Kategorie: Op en Wakker2026-07-27

In Indië het studentebetogings die naweek ’n groot wending bereik toe die minister van onderwys bedank het. Die sogenaamde Kakkerlak-beweging het ontwikkel tot een van die grootste uitdagings nóg vir die regering van die premier Narendra Modi. Die beweging, aangevuur deur woede oor gelekte eksamenvraestelle, het heelwat raakpunte met Suid-Afrika wat self worstel met skokkende vlakke van jeugwerkloosheid. Ons praat met Roland Henwood, politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Pretoria.