Kompas: Ben Albertyn en Roberto Kyle
26 Augustus 2026: Ons hoor van twee jong Suid-Afrikaanse kunstenaars wat die Silwerskermfees op sy kop gekeer het. Ben Albertyn is te sien in die drama, Landmyn. Dié film gaan oor drie broers en susters wat ná ‘n dekade weer bymekaarkom, en hulle ma wat soos ‘n landmyn op die punt staan om te ontplof. En, ons praat met Roberto Kyle, ‘n akteur, skrywer én regisseur wat sy debuutkortfilm, Genoeg, gemaak het. Dit is ‘n diep persoonlike storie oor ‘n seun en sy pa.
